Ek het vir Susan en Coenie vir die eerste keer ontmoet op die dag van hulle troue en ek was onmiddelik geraak deur watter opregte en oulike mense hulle is.. sout van die aarde.
Susan was so bekommerd oor of almal om haar “okay” is, mens kan dadelik sien , dis wie sy is, altyd besorg oor almal rondom haar. Hulle is so geliefd onder vriende & familie en saam met hulle naastes is daar GROOT makietie gehou by die pragtige Nelsons Creek Wine Estate buite Wellington.
Coenie & Susan, dit was die grootste voorreg om te kon deel wees van hierdie super spesiale dag, baie dankie dat julle ons laat welkom voel het en ons gekies het om hierdie wonderlike geleentheid vir julle te kon vaslê 🙂